top of page

'n Britse vrou groei Engeland se eerste rysveld

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Sep 28
  • 1 min read

Nadat mense vir ‘n Britse vrou gelag het oor haar idee, het sy nou Engeland se eerste suksesvolle rysveld geplant.


Die bekroonde ekoloog Nadine Mitschunas het vier klein rysvelde op ‘n doodgewone plaas geplant.


Die BBC berig dié eksperiment beoog om te bepaal of genoeg voedsel geproduseer kan word en boere se inkomste beskerm in ‘n wêreld geteister deur klimaatsverandering.


Rysplante lyk soos lang, dik gras, met klein bruin korrels wat daaop groei. Sodra die korrels wit is, kan dit geoes word.


Mitshunas sê die rys doen goed, deels te danke aan Engeland se warmste somer op rekord.


Nadine Mitschunas. FOTO: BBC
Nadine Mitschunas. FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page