top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Busbestuurder is aangekla na die Smithfield-busongeluk

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 6
  • 1 min read

Updated: Aug 7

'n Saak van roekelose en nalatige bestuur is teen 'n 52-jarige busbestuurder geopen ná 'n busongeluk naby Smithfield in die Vrystaat.


Volgens die polisie het die bestuurder vermoedelik verdwaal, op die R701 beland en beheer oor die bus verloor.


Die bus was van Johannesburg na die Oos-Kaap onderweg toe dit omgeslaan het.


Daar was 67 passasiers aan boord waarvan 38 mense, onder wie 21 mans, 16 vroue en een kind, ernstig beseer is en vir behandeling na hospitale geneem.


Die polisie se ondersoek duur voort.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page