‘n Busongeluk eis talle se lewe
- Nadia Pieters
- 5 days ago
- 1 min read
Die dodetal ná Sondag se noodlottige busongeluk op die N1 buite Louis Trichardt in Limpopo, het nou tot meer as 40 gestyg.
Maroela Media berig die pad moes vir verkeer gesluit geword na 'n bus noord van Louis Trichardt teen ʼn steilte afgeploeg het.
Volgens die padverkeersbestuurskorporasie se woordvoerder is 42 sterftes teen Maandag aangemeld.
Die bus het passasiers van Gqeberha in die Oos-Kaap na Harare in Zimbabwe vervoer.
Dit is nog nie bekend presies hoeveel passasiers aan boord van die bus was en hoeveel van dié mense beseer is nie.

Comments