top of page

‘n Buurtwaglid in Universitas ontdek versteekte dagga in ‘n boom

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 11
  • 1 min read

‘n Groot hoeveelheid dagga is ‘n boom in Universitas, Bloemfontein, deur ‘n buurtwaglid gevind. AfriForum se GVS Beheerkamer is gekontak en by verdere ondersoek is nog versteekte dwelpakkies ontdek. Luidens ‘n plasing op sosiale media is AfriForum911 se reaksie-eenheid voertuie geaktiveer en was hulle saam met die Parkweg-polisie binne minute op die toneel. Na deeglike soektogte is die verdagte aangekeer. Hy het glo verskeie goedere by ‘n stalletjie langs die pad verkoop. Daar is ook bewyse van kommunikasie op die verdagte se selfoon gevind wat hom met die verkoop van dwelms verbind. Die verdagte is in hegtenis geneem vir die besit en handel van dwelms, die polisie ondersoek die saak verder.

 
 
 

Comments


bottom of page