‘n Bybel-toep-skepper is nou in SA
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 6
- 1 min read
Die Bybel-toep-skepper YouVersion het amptelik ‘n streeksentrum in Kaapstad geopen.
YouVersion se uitvoerende hoof, Bobby Gruenewald, sê met byna 29 miljoen installasies en 11 % jaar-tot-jaar groei in daaglikse gebruik van YouVersion se Bybel-toeps, tel Suid-Afrika onder die top vyf lande wêreldwyd vir daaglikse Bybel-interaksie. Dit is veral betekenisvol gegewe die buitengewone groei in Bybelinteraksie regoor die vasteland van Afrika.
Gruenewald sê die sentrum dui op ‘n verdiepende verbintenis tot vennootskappe met plaaslike kerke, inhoudskeppers en leiers wat selfs meer stemme vanuit Afrika by die Bybel-toep voeg.
LUISTER HIER:
Bobby Gruenewald








Comments