‘n Centlec-werker is vas vir diefstal van kragtoerusting
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 17
- 1 min read
’n Werknemer van Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, is in hegtenis geneem nadat hy glo gesteelde elektriese toerusting by ’n skrootmetaalhandelaar in Oranjesig verkoop het.
Die polisie het volgens ’n mediaverklaring van Centlec op ’n wenk uit die gemeenskap gereageer.
Daaropvolgende ondersoeke het bevind dat die werker glo die skrootwerf besoek het, waar hy elektriese toerusting ter waarde van meer as R70 000 vir slegs R690 verkoop het. Hy het ook tydens die transaksie sy identiteitsdokument voorgelê.
Die items is later as eiendom van Centlec geïdentifiseer en die verdagte is by die Parkweg-polisiestasie aangehou.
Die kragverskaffer het die gemeenskap geloof vir hul rol en doen ’n beroep op inwoners om enige verdagte aktiwiteite wat met infrastruktuurdiefstal verband hou, aan te meld.








Comments