‘n Daling in brandstofpryse is dalk op die kaarte
- Saamgestel deur Jana Roos

- 51 minutes ago
- 1 min read
Suid-Afrikaners kan 'n daling in brandstofpryse te wagte wees.
Dit kom nadat Amerika en Iran onlangs 'n memorandum van verstandhouding gesluit het wat die heropening van die Straat van Hormuz en die opskorting van die Amerikaanse blokkade insluit.
SABC-nuus berig inligting van die Sentrale Energiefonds dui daarop dat petrolpryse middernag Dinsdag met meer as drie rand per liter en dieselpryse met meer as vier rand per liter kan daal.
Die terugkeer van die brandstofheffing in Julie kan egter sommige van hierdie prysdalings troef.








Comments