'n Dekades-oue foto raak Kersvader se hart
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 18, 2025
- 1 min read
Kersvader het 'n pensioentrekker van Bloemfontein met 'n geskenk bederf nadat sy 'n foto van haarself saam met hom van 'n goeie 70 jaar gelede aan hom gestuur het.
Salomé Janse van Rensburg vertel aan Bloemnuus sy het die posbus in Northridge Mall gesien waar inkopiegangers briefies aan Kersvader kan stuur. Sy het 'n briefie gepos, saam met 'n foto van haarself op Kersvader se skoot wat dekades gelede gelede in ‘n winkelsentrum in Bloemfontein geneem is. Sy het 'n onlangse foto van haarself ook ingesluit.
Kersvader het toe haar inskrywing uit duisende gekies as die wenner.
Janse van Rensburg sê sy het eintlik net ingeskryf om aan dié wat die briefies verwerk op te kikker.







Comments