top of page

‘n Derde sluishek by die Vaaldam is oopgemaak

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 2
  • 1 min read

Te midde van die voortdurende swaar reënval het die Departement van Water en Sanitasie ‘n derde sluishek by die Vaaldam oopgemaak. Die departement sê dit maak dit moontlik om uitvloei tot sowat 400mᶾ per sekonde te verhoog terwyl daar ook tred gehou word met die stygende invloei stroom-op wat deur die aanhoudende reën veroorsaak word. Die dam het tans ‘n kapasiteit van 107,3%. Volgens die departement se Wisane Mavasa is die huidige wateruitvloeiings deur die drie sluishekke steeds binne die veilige operasionele perke en sal na verwagting nie tot die oorstroming van rivieroewers stroom-af lei nie. Hy voeg wel by mense wat stroom-af en naby rivieroewers woon, steeds gemaan word om versigtig te wees.

 
 
 

Comments


bottom of page