top of page

‘n Derde van misdadigers op parool oortree weer

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 5
  • 1 min read

Ongeveer 18 000 kriminele wat op parool vrygelaat is, het tussen 2022 en 2025 weer dieselfde misdaad gepleeg as waarvoor hulle aanvanklik gevonnis is.


Maroela Media berig dit sluit misdade soos roof, moord en verkragting in.


Kenners sê nou meer sielkundiges, maatskaplike werkers en kriminoloë moet in gevangenisdienste en op paroolrade in Suid-Afrika aangestel word, om betrokke te raak by die rehabilitasie van oortreders.


Die Departement van Korrektiewe Dienste het verlede maand in antwoord op ʼn parlementêre vraag gesê soveel as 5 000 tot 6 000 veroordeelde kriminele het tussen 2022 en 2025 jaarliks ʼn misdaad gepleeg terwyl hulle op parool was.


Bykans 700 was weer betrokke by rooftogte, 500 by moorde en bykans 630 by verkragtings.


Ter illustrasie. FOTO: Verskaf
Ter illustrasie. FOTO: Verskaf


Comments


bottom of page