'n Derde verdagte is vas vir die Krugerwildtuin-moord
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 9 hours ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die inhegtenisneming van ‘n derde verdagte bevestig wat gekoppel is aan die onlangse moord op ‘n paartjie in die Krugerwildtuin. Die liggame van Ernst en Dina Marais is verlede maand in die Levubu-rivier gevind.
Die eerste twee verdagtes is verlede week in Mosambiek in hegtenis geneem, terwyl ‘n derde verdagte na Zimbabwe gevlug het voordat hy opgespoor en in aanhouding geplaas is.
Die derde verdagte sal na verwagting na Mosambiek gedeporteer word om saam met die twee ander beskuldigdes tereg te staan.
‘n Polisiewoordvoerder, Brigadier Athlenda Mathe, sê die derde verdagte se inhegtenisneming demonstreer die sterkte van streekspolisiëringssamewerking.
LUISTER HIER:








Comments