top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Dertienjarige is vas vir onwettige vuurwapenbesit

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
6 hours ago
1 min read

'n Jong seun van 13 jaar oud is in hegtenis geneem vir die beweerde onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie in Thabong in Welkom in die Vrystaat.


Volgens 'n verklaring het polisielede gereageer op 'n leidraad van 'n man wat vermoedelik 'n vuurwapen onwettiglik besit.


Hy het oor 'n heining gespring en probeer vlug, maar hy is in ’n nabygeleë oop veld aangekeer. Dit is toe vasgestel dat die verdagte ’n minderjarige is.


Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die vuurwapen aan sy oupa behoort en dat die vuurwapenkluis oopgebreek is om toegang te verkry.


Die omstandighede rondom die kind se inhegtenisneming is aan sy ma verduidelik, en hy is onder toesig van sy ouers vrygelaat.


Hy sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page