top of page

‘n Diabeet van Botshabelo kry glo per ongeluk ARV’s

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 30
  • 1 min read

Die familie van 'n 67-jarige diabetiese man van Botshabelo sê hulle is verpletter nadat hul pa se gesondheid versleg het deur per ongeluk antiretrovirale middels (ARV's) te gebruik.


SABC News berig die man se seun het weke nadat sy pa siek geword het eers besef dat hy ARV’s gedrink het.


Die bejaarde man het glo per ongeluk ARV’s in plaas van sy chronise diabetiese medikasie by ‘n plaaslike kliniek ontvang.


Die man is hospitaal toe gehaas nadat hy sere ontwikkel het en nie kon loop nie.


‘n Maand later het die man glo ook geheueverlies ontwikkel nadat hy twee weke in die hospitaal was.


Verder word daar berig dat gesondheidsbeamptes glo na die gesin se huis gegaan het om die man vergoeding aan te bied.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News


Comments


bottom of page