‘n Dierekind waak by sy eienaar in ‘n Bloem-sorgfasiliteit
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 20, 2025
- 1 min read
‘n Sterwende polisieman van Bloemfontein se hondjie wat by hom in ‘n sorgfasilteit waak, is een van die ervarings wat sy laaste oomblike op aarde spesiaal maak. So sê die 50-jarige Kuite Fouché uit sy bed in die Hospice Bloemfontein aan Netwerk24. Fouché word vir terminale kanker behandel, en sy 16-jarige Jack Russell, Tyson, wat gedeeltelik doof en blind is, is elke laaste oomblik van sy mens-pa se lewe aan sy sy. Fouche was 31 jaar lank deelvan Bloemfontein se blitspatrollie en is trots daarop dat hy meer as drie dekades sy beste kon gee. Hy is vroeër vanjaar met kolon-en buikvlieskanker gediagnoseer.






Comments