top of page

'n Digitale argief vir Afrikaanse kultuurerfernis word bekend gestel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 25
  • 1 min read

Nuuseum, ʼn maatskappy sonder winsbejag wat die breë Afrikaanse kultuurerfenis digitaal wil bewaar en ontsluit, is in Stellenbosch bekendgestel. In ʼn tyd waar fisiese argiewe onder druk verkeer, bied Nuuseum ʼn toeganklike ervaring danksy tegnologie en kundigheid.


Maroela Media berig die uitvoerende hoof van Nuuseum, Lizabé Lambrechts, sê argiewe gaan nie net oor dokumentasie nie, maar oor gemeenskap, herinnering en nuwe moontlikhede. Daarom onderhou hulle ʼn digitale argief en aanlyn databasis wat dien as ʼn platform vir ontdekking, navorsing en kreatiewe hergebruik.


Die versameling sluit materiaal in van individue, argiewe, en kultuurorganisasies van reg oor Suid-Afrika. Die argief is ook toeganklik vir mense met visuele beperkinge.


Lambrechts sê erfenis is nie iets wat bewaar word sodat dit net stil kan lê nie, maar dit moet lewe kry deur gebruik, vertolking en gesprek.


Lizabé Lamprechts. FOTO: Maroela Media
Lizabé Lamprechts. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page