’n Donkievul in Bloemfontein kry ’n geskiedkundige naam

6 days ago
1 min read
’n Donkievul wat op die terrein van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein gebore is, dra nou die naam Emily
.
Volgens Netwerk24 is die bruin vul kort voor die 100ste herdenking van Emily Hobhouse se begrafnis op 31 Oktober gebore.
Die vul is die tweede kleinding van die donkies Cleopatra en Sarel, wat in 2022 aan Pretorius geskenk is. Haar ouer broer, Kerneels, is in September verlede jaar gebore.
Die museumterrein sal op 31 Oktober ook die agtergrond wees vir ’n herdenking van Hobhouse se begrafnis, met ’n heropvoering van die historiese begrafnisstoet na die Nasionale Vrouemonument.









Comments