top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Dowe vrou maak haar naam krater op 'n vliegtuig

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 23
  • 1 min read

'n Dowe vrou het in 'n TikTok-video vertel hoe sy verneder was nadat sy gevra is om 'n vlug in Amerika te verlaat, na bewering omdat sy doof is en die personeel haar daaroor swak hanteer het.


In die video vra sy vir Frontier Airlines om hul bemanning op te lei oor hoe om gestremdes tegemoet te kom, veral gehoorgestremdes. In die video kan gehoor word hoe ander passassiers hul woede uitspreek omdat sy gevra is om te verlaat, en sy sê ook daarin dat sy wel afklim en nie weier nie.


The Independent berig die lugredery het egter 'n ander deuntjie gesing. In 'n verklaring sê Frontier dat daar “geen aanduiding op die passasier se bespreking” was dat sy doof is nie, en bygevoeg dat sy duidelik en doeltreffend met personeel gekommunikeer het.


Sy is gevra om die vliegtuig te verlaat nadat sy opgeklim het met 'n oop houer wat sy erken het alkohol in gehad. Dit is 'n oortreding van die lugredery se beleid en ook teen die wet.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page