’n Drankwinkel-eienaar en twee ander is vasgetrek vir onwettige skaapslagting

Mar 31, 2025
1 min read
Drie verdagtes moet teregstaan vir moontlike onwettige skaapslagting. Volgens ’n polisieverklaring het lede van Kagisanong se Misdaadvoorkomingseenheid Saterdag op twee mans by ’n drankwinkel in Rocklands afgekom wat besig was om ’n skaap te slag. Hulle is onmiddellik in hegtenis geneem. Die eienaar van die drankwinkel is ook in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde vee. Die oorsprong van die vee word ondersoek. Al drie verdagtes moet na verwagting Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.








Comments