top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Driejarige Bloemfonteinertjie word vermis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 24, 2025
  • 1 min read

‘n Driejarige Bloemfonteinse dogtertjie, Katleho Leeuw, word vermis.


Volgens polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covane, het haar ma haar laas Donderdag middag gesien terwyl sy saammet kinders in hul  agterplaas in die Glen Lokasie gespeel het.


Sy het ‘n geel T-hemp, blou jeans en swart skoene aangehad. Katleho het volgroeide melktande, 'n ronde gesig en is donker van gelaat.


Die polisie versoek die publiek om te help om haar op te spoor. Enige inligting kan op die MySAPS-toep ingedien word.


Katleho Leeuw. FOTO: Verskaf
Katleho Leeuw. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page