top of page

‘n Eerste van sy soort privaat erfenisregister word bekendgestel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 11
  • 1 min read

Die Erfenisstigting het ’n nasionale register aangekondig wat vir die eerste keer ’n omvattende indeks van privaat museums en erfenisterreine wil saamstel.


Volgens ’n mediaverklaring van die stigting is die doel om kultuurhistoriese materiaal wat in privaat besit is, sigbaar en toeganklik te maak.


Baie van hierdie versamelings en klein museums word deur families en gemeenskappe bestuur en bestaan sonder ’n sentrale databasis.


Die stigting sê die register kan help om navorsing te ondersteun en groter bewustheid van minder bekende erfenisterreine te skep.


Die inisiatief poog ook om gemeenskappe aan te moedig om eienaarskap van hul geskiedenis te neem en dit vir toekomstige geslagte te bewaar.


Ter illustrasie. FOTO: Verskaf
Ter illustrasie. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page