'n Egoli-hartebreker is dood nadat hy geval het
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 6
- 1 min read
Die bekende akteur Phillip Henn, wat bekend is vir sy rolle as Johann Vorster in Egoli en dr. Chris van Deventer in Binnelanders, is in die ouderdom van 63 oorlede.
Maroela Media berig volgens familie is nooddienste Sondag ontbied nadat Henn by ʼn huis in Oesterbaai, Oos-Kaap, geval het. Hy is Woensdagoggend aan bloeding op die brein oorlede.
Netwerk24 berig Henn het vroeër vanjaar ʼn hartomleiding van die aorta by die Universitas-hospitaal in Bloemfontein ondergaan. Dokters het aanvanklik gedink die akteur sou dit nie oorleef nie, maar hy het luidens verslae goed herstel.
Benewens sy televisierolle het Henn ook in Suidooster en Kelders van Geheime verskyn, en was hy ʼn talentvolle skrywer en fotograaf. In 2019 het hy sy debuutroman, 500 Myl, uitgegee.
Hy word deur sy twee susters oorleef nadat sy broer ook vroeër vanjaar oorlede is.






Comments