top of page

'n Eiendomsagent kry die trekpas oor 'n woonstel ‘slegs vir wit mense’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

’n Eiendomsagent van Pretoria is summier in die pad gesteek nadat hy vir ’n belangstellende huurder gesê het ’n eiendom is “slegs vir wit mense”.


Rapport berig Remax Suid-Afrika se uitvoerende hoof, Adrian Goslett, sê Hein Gouws se kontrak is dadelik beëindig toe die situasie onder hul aandag gekom het.


In 'n WhatsApp-boodskap doen ’n persoon navraag by Gouws oor die huur van ’n eenslaapkamerwoonstel. Gouws vra dan die persoon se etnisiteit, waarop hulle vra of die huureiendom slegs vir sekere rasse beskikbaar is. Hierop het Gouws gesê, “wit, ongelukkig”.


Goslett sê dit is nié deur daardie kantoor gemagtig nie, en dit is nie ’n verskoning om te sê die verhuurder het dit gesê nie. Hy sê dit is onwettig en ongrondwetlik, en dus hoef hulle nie twee keer te gedink het nie.


Gouws wou nie kommentaar lewer nie.


FOTO: The South African
FOTO: The South African

Comments


bottom of page