top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Engelse Bloemfonteiner wen ’n Afrikaanse spelkompetisie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 5 days ago
  • 1 min read

Afrikaans is nie Lexi Sithole se huistaal nie, maar die 12-jarige Bloemfonteiner het die ATKV se Afrikaanse spelkompetisie in die Vrystaat gewen.


Netwerk24 berig Lexi is ’n graad 7-leerling aan die President Brand Primêre Skool en die enigste persoon in haar familie wat Afrikaans praat.


Sy bestee sowat ’n uur per dag aan Afrikaanse leeswerk en die spelling van nuwe woorde. Haar ma, Mary, praat Tswana en Engels, terwyl haar pa, Sylvester, verskeie tale praat, maar nie Afrikaans nie. Lexi sê sy hou van Afrikaans omdat dit ’n manier is om meer mense te beskryf en sy praat ook Afrikaans met haar skoolmaats.


Volgens Lexi was die woord “narkotiseur” die moeilikste woord wat sy tydens die kompetisie moes spel. Sy wil toevallig eendag ’n chirurg word.


Lexi neem in Oktober aan die eindronde deel, waar sy teen die wenners van die ander provinsies sal meeding.


Lexi Sithole. FOTO: President Brand Primêre Skool
Lexi Sithole. FOTO: President Brand Primêre Skool

 
 
 

Comments


bottom of page