top of page

‘n Ernstige eksamenoortreding is aan die lig gebring

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 19 hours ago
  • 1 min read

Daar is tydens die merkproses ‘n oortreding in die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens aan die lig gebring.


Die Departement van Basiese Onderwys sê in ‘n kennisgewing die oortreding is deur hul interne moniterings- en toesigstelsels opgespoor.


Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube sal binnekort ‘n dringende inligtingsessie hou en meer besonderhede verskaf.


Daar word ook verwag dat sy die maatreëls wat geïmplementeer word om die geloofwaardigheid van die eksamen te beskerm sal uiteensit.


Intussen berig MyBroadband daar is in 2020 laas bevestig dat matriekeksamenvraestelle uitgelek is.


Die onderwysdepartement het aanvanklik beplan dat die matrieks dié vraestelle sal herskryf, maar die Gautengse Hooggeregshof het egter die besluit tersyde gestel.


Ter illustrasie. FOTO: The Citizen
Ter illustrasie. FOTO: The Citizen


Comments


bottom of page