‘n Eunice-meisie se koidam inspireer wen-navorsing

Die nuuskierigheid van ’n Bloemfonteinse leerling oor die algegroei in haar gesin se koidam het gelei tot die junior wenprojek op die Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes se internasionale wetenskapskou.
Netwerk24 berig 'n graad 8-leerling aan die Eunice High School in Bloemfontein, Denica Swartz, is aangewys as die junior wenner vir haar projek, “Quantitative Evaluation of Lactic Acid as a Treatment for Eutrophic Pond Water.”
Rosestad-nuus se Ilde Roos veruidelik verder dit het haar ’n kontantprys van R50 000 in die sak gebring.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Swartz het die algegroei in die koidam opgemerk en haar pa, Nicho, gevra hoe hy dit behandel. Hy het verduidelik hy gebruik onder meer ultravioletligte en ander metodes, maar dat dit duur is. Swartz het navorsing gedoen, en wetenskaplikes by die Universiteit van die Vrystaat het haar gehelp met laboratoriumtoetse. Sy het die potensiaal van melksuur ondersoek om oormatige algegroei in water wat ryk aan voedingstowwe is te beheer. Haar navorsing het beduidende vermindering in die biomassa van alge gevind.









Comments