top of page

‘n Fop-kolonel is in die sop oor ‘n saamrygeleentheid

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 24, 2025
  • 1 min read

ʼn Man het die naweek agter tralies deurbring nadat hy glo homself as ʼn polisiekolonel voorgedoen het om ʼn saamrygeleentheid te kry.


Maroela Media berig die man het glo verlede week by die Bloemhof-polisiestasie in die Noordwes opgedaag en gesê hy is ʼn polisiekolonel.


Hy het verder glo aangevoer hy is werksaam in Pretoria en aangedring om na Bultfontein in die Vrystaat geneem te word.


Volgens hom het sy eie motor glo in Warrenton onklaar geraak.


Die polisie was egter nie oortuig van sy storie nie en het vinnig ondersoek ingestel. Voorlopige ondersoeke het vasgestel dat die man nie ‘n beampte is nie.


Hy het reeds in die hof verskyn, en sy saak sal weer op 8 Desember aangehoor word, wanneer hy na verwagting om borgtog aansoek sal doen.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page