top of page

’n Formele akkreditasieproses vir buurtwagte word in die Vrystaat voorgestel

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 22
  • 1 min read

n Formele akkreditasieproses vir buurtwagte word in die Vrystaat voorgestel.

Akkreditasie moet elke twee jaar hernu word en kan gepaard gaan met opleiding, toerusting en finansiële steun van die provinsie. Hulle sal ook gereelde verslaggewing moet doen oor hul bedrywighede en kan hul akkreditasie verloor indien standaarde nie gehandhaaf word nie.

Netwerk24 berig voorts ’n private-lede-wetsontwerp wat beoog om gemeenskapsbetrokkenheid in polisiëring te versterk, is deur die leier van die DA in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, in die Vrystaatse wetgewer ter tafel gelê.

Die Vrystaatse Gemeenskapspolisiëringswetsontwerp van 2024 stel onder meer die instelling van ’n polisie-ombud voor.

Dié ombud, wat deur die premier aangestel sal word ná konsultasie met die LUR vir polisie, paaie en vervoer, die provinsiale kommissaris en opposisieleiers, sal vir vyf jaar dien en die mag hê om klagtes oor polisie-ondoeltreffendheid of verbrokkeling in verhoudings tussen die polisie en gemeenskappe te ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page