‘n Gebore Bloemfonteiner stap teen plaasmoorde
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 18
- 1 min read
'n Gebore Bloemfonteiner en aktivis teen plaasmoorde, Petrus Sitho, en sy span rus die naweek in die stad voordat hulle Maandag hul bewusmakingsoptog na President Cyril Ramaphosa voortsit.
Sitho sê aan Rosestad-nuus hy het die stap aangepak nadat hy oor die jare talle plaasaanvalle besoek en met slagoffers gepraat het.
Hy sê 'n plaasmoord buite Boshof, in die Vrystaat, so paar jaar gelede het 'n blywende indruk op hom gemaak.
Volgens hom wil hy hê die President moet erken dat plaasmoorde plaasvind en na die ervarings van slagoffers luister.
Hy sê boere én plaaswerkers moet beskerm word om Suid-Afrika se voedselsekerheid te verseker, en waarsku dat hy nie wil sien dat Suid-Afrika dieselfde pad as Zimbabwe loop nie.
Sitho voeg by Vrystaters ondersteun die optog goed en moedig boere aan om nie moed te verloor nie.








Comments