'n Gebrek aan kapasiteit belemmer Opod se werk

Oct 5
1 min read
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, oftewel Opod, sê hy kan nie alle misdaadtonele besoek nie weens ’n gebrek aan kapasiteit.
Volgens die direktoraat se jaarverslag besoek sy beamptes slegs 77% van misdaadtonele en woon hulle 80% van nadoodse ondersoeke by.
Opod sê dié syfers behoort 100% te wees, maar ‘n tekort aan personeel beperk sy vermoë.









Comments