‘n Gebruikte handgranaat is in Bfn ontdek

’n Gebruikte handgranaat vir oefendoeleindes is tydens ’n polisie-operasie in Bloemfontein ontdek.
Volgens polisiewoordvoerder kaptein Loraine Earle het lede Saterdag inligting opgevolg oor 'n verdagte wat onwettiglik 'n vuurwapen in sy besit het. Die verdagte is in 'n informele struktuur agter die hoofhuis op die geïdentifiseerde perseel aangetref.
Hulle het beslag gelê op 'n nagemaakte vuurwapen en die gebruikte handgranaat, wat as 'n M26-handgranaat vir oefendoeleindes geïdentifiseer is. Daar is bevestig dat die besit van hierdie soort granaat beperk is tot gemagtigde lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), onderhewig aan die nodige toestemming.
Die verdagte is in hegtenis geneem en aangehou op ’n aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.









Comments