‘n ‘Geheime agent’ van SA word gevonnis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 10
- 1 min read
'n Voormalige brigadier-generaal van die Suid-Afrikaanse Lugmag is in die Amerikaanse deelstaat Tennessee tot ses maande tronkstraf gevonnis - nadat sy skuld erken het dat sy as 'n geheime agent vir Suid-Afrika opgetree het.
Maroela Media berig Portia Anyamba is ook beboet en sal ná haar tronkstraf vir twee jaar onder korrektiewe toesig wees.
Volgens hofdokumente het Anyamba by die Oak Ridge Nasionale Laboratorium gewerk terwyl sy gereeld met 'n Suid-Afrikaanse intelligensiebeampte in verbinding was.
Sy het ook vals verklarings afgelê tydens haar aansoek om 'n Amerikaanse sekuriteitsklaring deur nie haar kontak met verteenwoordigers van 'n buitelandse regering bekend te maak nie.








Comments