top of page

'n Geliefde Bloemfonteiner met Down se sindroom is skielik oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 30
  • 1 min read

’n Geliefde man van Bloemfontein met Down se sindroom, Johan Coetzer, is in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein dood.


Volksblad berig sy afsterwe Woensdagaand was vermoedelik aan hartversaking, nadat hy 'n tyd lank met longontsteking in die hospitaal was.


Jeannette Geldenhuys-Smit, 'n Bloemfonteinse weldoener wat ’n sterk band met Coetzer en sy ma, Dollie, gehad het, sê sy wil bydraes vir Coetzer se begrafnis insamel om hom die begrafnis te gee “wat hy verdien”.


Hy en sy ma was van die toelae van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) afhanklik.


Geldenhuys-Smit beskryf Coetzer as iemand wat net vol van liefde en dankbaarheid was, met geen kwaad in hom nie.


Johan Coetzer. FOTO: Netwerk24
Johan Coetzer. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page