top of page

'n Geliefde DBV-werfhondjie word roerend gegroet

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 22
  • 1 min read

Die Dierebeskermingsvereniging in Virgina in die Vrystaat moes van hul heel eerste werfhondjie, Teddy, afskeid neem.


Good Things Guy berig Teddy was twee jaar oud toe hy hom by die DBV in 2010 aangesluit het. Hy het vir die daaropvolgende 15 jaar die werknemers oral agtervolg en gekyk hoe hulle na ander diere omsien.


Nuweling-diere het ook berusting in sy teenwoordigheid gevind. Die DBV sê as 'n bang, verwarde hond by hulle aangekom het, was Teddy daar om die nuwe "gaste" tuis te laat voel en rustig te maak.


Hulle sê Teddy het hulle geduld en bedagsaamheid geleer, en wat ware kameraadskap is.


FOTO: Good Things Guy
FOTO: Good Things Guy

Comments


bottom of page