'n Geliefde Vrystaatse maatskaplike werker se liggaam is gekry
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
'n Geliefde maatskaplike werker van Odendaalsrus in die Vrystaat se liggaam is met veelvuldige steekwonde gevind.
Volksblad berig Ruth Glenda Roberts se ligaam is met 'n laken bedek en naby die R30-pad gevind. Roberts was ’n werknemer van die Vrystaatse departement van maatskaplike ontwikkeling by die Lejweleputswa-distrikskantoor.
Die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die Vrystaat, Mathabo Hlalele, beskryf Roberts as ’n toegewyde maatskaplike werker wat die mense van Lejweleputswa met deernis en toewyding gedien het.
’n Saak van moord word ondersoek, en die motief vir die moord is nog onbekend.






Comments