top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Genaturaliseerde Suid-Afrikaner staar duisende strafregtelike aanklagte in die gesig

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 7
  • 1 min read

’n Vrou staar meer as 19 000 strafregtelike aanklagte in die gesig wat verband hou met beweerde onwettige oorgrens-geldoordragte van meer as R500-miljoen.


Zhang Ying Potgieter, ‘n genaturaliseerde Suid-Afrikaanse burger, het die week in die Palm Ridge-landdroshof in Gauteng verskyn waar sy op borgtog van R70 000 vrygelaat is.


Volgens die Valke het sy glo haar maatskappy, Blue Planet Travel Services, as ’n reisagentskap voorgedoen om onwettige geldtransaksies vir meer as 150 kliënte te fasiliteer.


Die kliënte wou glo geld na die buiteland oorplaas sonder om die vereiste wettige kanale te volg.


Potgieter moet op 21 April weer in die hof verskyn.


Zhang Ying Potgieter. FOTO: Facebook
Zhang Ying Potgieter. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page