‘n Gerespekteerde Vrystaat-polisiewoordvoerder tree af
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 1
- 1 min read
Die Vrystaat-polisie neem afskeid van een van hul mees gerespekteerde en ervare woordvoerders, Brigadier Motantsi Makhele.
Hy tree na 36 jaar van lojale diens af.
Volgens ‘n mediaverklaring is hy van Dewetsdorp afkomstig, en het hy sy lewe daaraan gewy om die Vrystaat met trots te dien.
As die provinsiale hoof van korporatiewe kommunikasie het Makhele die stem van die Vrystaatse polisie geword en verseker dat gemeenskappe altyd ingelig was.
Sy welsprekendheid en professionaliteit het hom wye respek besorg, nie net onder sy kollegas nie, maar ook onder die mediagemeenskap en die publiek.






Comments