’n Gesamentlike ondersoek na geslagsgeweld in SA begin

’n Gesamentlike nasionale ondersoek na Suid-Afrika se hantering van geslagsgeweld en vrouemoord begin Maandag.
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die Kommissie vir die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe hou die ondersoek, wat tot Vrydag duur.
Volgens die kommissies sal daar onder meer gekyk word na hoe gevalle aangemeld word, ondersteuning aan slagoffers en die hantering van ondersoeke en verhore.
Dit sal ook fokus op uitdagings binne die strafregstelsel en moontlike verbeterings.
Die kommissies sê die doel is om verantwoordelike instellings en amptenare aanspreeklik te hou en oplossings vir die uitdagings te identifiseer.








Comments