‘n Gesteelde aluminium-markiestent is in die VS opgespoor
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 3
- 1 min read
'n Gesteelde vrystaande aluminium-markiestent is teruggevind en 'n verdagte langs die R702 Dewetsdorp-pad in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
Volgens polisiewoordvoerder kaptein Loraine Earle het polisielede op inligting gereageer oor 'n swaarvoertuig wat vermoedelik gesteelde eiendom vervoer. Die voertuig is voorgekeer, en die die klaer het die vrystaande aluminium-markiestent ter waarde van R500 000 positief as sy gesteelde eiendom uitgeken.
Die vragmotorbestuurder is na bewering gehuur om die tent na die Oos-Kaap te vervoer. Hy is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
'n Diefstalsaak sowel as 'n saak van besit van vermoedelik gesteelde eiendom is vir verdere ondersoek geopen.








Comments