‘n Gestremde Bloemfonteiner verteenwoordig die Vrystaat by die kinderparlement
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 1
- 1 min read
Katleho Mohalali, 'n gr. 9-leerling van die Tswellang Special School in Bloemfontein, is pas verkies tot die Vrystaatse uitvoerende raad vir die regte van kinders, oftewel die Vrystaatse kinderparlement.
Netwerk24 berig dié gestremde seun sal vir die volgende twee jaar saam met die provinsiale ambassadeur vir kinders werk en aan werksessies oor kinders deelneem.
Die lede van die Vrystaatse kinderparlement sal projekte in gemeenskappe en skole begin om bewusmaking oor kinderregte te bevorder.
Katleho, wie se bene verlam is en wat ’n rolstoel gebruik, was verlede jaar ’n kategoriewenner in die nasionale Podiumpretkompetisie vir sprekers en vir -leesvaardighede en was algeheel tweede in sy graad in die land.
Katleho is trots om een van vier Vrystaatse kinders te wees wat aan die Nelson Mandela-kinderparlement op 9 Oktober in Kaapstad gaan deelneem.






Comments