top of page

‘n Gevangene ontsnap by die Bloemfontein landdroshof

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 24
  • 1 min read

Dit was chaos by die landdroshof in Bloemfontein toe ‘n gevangene uit aanhouding ontsnap het.


Die hofgebou is Donderdag afgesper en ontruim nadat Brilliant Chikwauo voor sy hofverskyning uit die hofsaal ontsnap het.


Netwerk24 verneem hy het glo ‘n sleutel in die hande gekry en homself vrygelaat voordat hy by een van die agterste hekke uitgeglip het.


Hy was veronderstel om 26 aanklagte van diefstal en beskadiging van infrastruktuur te verskyn. 


Snuffehonde, asook die blitspatrollie help met die soektog.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page