TUT maak geskiedenis met sonkragmotor in uithourit

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie, oftewel TUT, het die naweek geskiedenis gemaak deur die 2026 Sasol Solar Challenge met sy sonkragmotor, SunChaser 4, te wen.
Netwerk24 berig die span het die meer as 2 300 kilometer lange roete van Sasolburg tot in die Wes-Kaap suksesvol voltooi en die Challenger-klas gewen, en ook die enigste span wat die 2000 km-kerf bereik het.
Die uithourit het oor agt dae gestrek en deelnemers se ingenieursvernuf, energie-bestuur en die betroubaarheid van hul sonkragvoertuie onder werklike pad- en weersomstandighede getoets.
TUT se SunChaser 4 het uiteindelik 2 369 kilometer afgelê en is volgens die universiteit die eerste Suid-Afrikaanse span wat dié spesifieke roete voltooi het sonder dat die voertuig op ’n sleepwa vervoer moes word.
Die universiteit sê die prestasie wys wat moontlik is wanneer ingenieurskennis prakties toegepas word.








Comments