top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Gewapende roof in Langenhovenpark word ondersoek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 18
  • 1 min read

Die polisie ondersoek ’n gewapende rooftog waarin ’n voertuig met ’n onbekende bedrag kontant by ’n meenthuisekompleks in Langenhovenpark gekaap is.


Volgens Bloemnuus het die slagoffer skote afgevuur toe die voertuig tydens die voorval by Villa Bain gekaap is.


Verskeie rolspelers in die veiligheidsbedryf, insluitend private veiligheidsmaatskappye, buurtwagte, die polisie en AfriForum, het kort daarna op die toneel toegesak.


Niemand is beseer nie, en die voertuig is later in Universitas teruggevind - maar die kontant waarna die verdagtes glo gemik het, is steeds soek.


Die polisie sê ’n saak van gewapende roof word ondersoek en geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.


Die Villa Bain-meenthuiskompleks in Langenhovenpark. FOTO: Bloemnuus
Die Villa Bain-meenthuiskompleks in Langenhovenpark. FOTO: Bloemnuus

 
 
 

Comments


bottom of page