top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Gewapende roof-slagoffer wag weke vir ‘n operasie in Pelonomi

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 3, 2025
  • 1 min read

‘n Bloemfonteiner wat tydens ‘n gewapende roof in sy arm geskiet is, wag al drie weke op ‘n operasie in die Pelonomi-hospitaal. Die 56-jarige Stevanes Busby van Heidedal is beseer toe hy ondersoek ingestel het by ‘n snoepwinkel in ‘n gebou wat hy verhuur, na hy op ‘n veiligheidskamera gesien het iets is nie pluis nie. Hy het glo die wapen uit die vermeende rower se hand probeer stamp toe die skoot afgegaan het. Woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi het aan Netwerk24 erken dat daar weens uitdagings met beskikbare teatertye vertragings met Busby se chirurgie was. Hy voeg by alhoewel Busby se geval as ‘n dringende ortopediese geval geklassifiseer word, dit nie as lewensgevaarlik beskou word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page