‘n Gewilde Bloem-raadslid is oorlede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 1, 2025
- 1 min read
‘n Gewilde Bloemfonteinse DA-raadslid is aan kanker oorlede.
Volksblad berig die 72-jarige Dalena Dennis het sedert Maart 2006 as raadslid in die Mangaung Metro Munisipaliteit gedien.
Sy was ook een van die langsdienende raadslede in die metro.
Volgens die provinsiale voorsitter van die DA en die party se kiesafdelingshoof in die metro, Werner Horn, was sy ‘n baie gewaardeerde en lojale kollega.
Hy voeg by sy was ‘n vertroueling en ‘n vriendin vir almal. Dennis wat vir byna 20 jaar ‘n raadslid in die metro was, was aanvanklik vir twee termyne ‘n wyksraadslid vir die Wilgehof-Gardeniapark-omgewing.
Sy het later as ‘n proporsionele raadslid gedien.







Comments