top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Goedemoed-boer se moord-verdagtes bly agter tralies

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 18, 2024
1 min read

Die vier verdagtes wat van die onlangse moord op ‘n Goedemoed-boer en die verkragting van sy vrou beskuldig word, sal eers middel Januarie om borgtog aansoek kan doen. Volksblad berig hulle het in die Vrystaatse Rouxville Landdroshof verskyn. Die verdagtes, 3 vroue en ‘n 43-jarige man, het die boer by sy huis vermoor en toe met sy 45-jarige vrou na verskillende dorpe gery, waar hulle haar gedwing het om om geld te trek. Die vier staan op aanklagte van ondermeer huisbraak, moord, verkragting en roof tereg. Die vyfde verdagte is weens ‘n skietwond oorlede. Een van die verdagtes, ‘n 21-jarige vrou, word ook vir die moord op haar susterskind aangekla.

 
 
 

Comments


bottom of page