top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Goedkoper weergawe van Ozempic is vir SA goedgekeur

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 24
  • 1 min read

Die Deense farmaseutiese vervaardiger Novo Nordisk gaan sy weergawe van die diabetesmedikasie Ozempic in Suid-Afrika bekend stel. Die prys sal 15% laer as die oorspronklike produk wees.


Business Day berig dit sal die eerste geregistreerde alternatief vir Ozempic wees wat aan verbruikers beskikbaar gestel word. Volgens Times Live word die nuwe produk, onder die handelsnaam Extensior, op 27 Julie vrygestel.


Tot dusver is slegs een generiese mededinger deur Suid-Afrika se medisyne-owerheid goedgekeur, maar dié produk is nog nie op die mark beskikbaar nie.


Discovery Health se hoof kliniese beampte, Noluthando Nematswerani, sê in hierdie stadium is die prysverlaging waarskynlik nie voldoende om breër mediesefondsdekking te regverdig nie, gegewe die hoë voorkoms van tipe 2-diabetes.


Novo Nordisk se hoofbestuurder vir Suid-Afrika, Sara Norcross, sê die maatskappy is tans in gesprek met mediese fondse oor toegang tot semaglutied. Sy voeg by een van hul doelwitte is ook om toegang in die openbare gesondheidsektor te verbeter.


Ter illustrasie. FOTO: Times Live
Ter illustrasie. FOTO: Times Live

 
 
 

Comments


bottom of page