'n Gr. 11-leerder val glo 'n VS onderwyseres aan

11 hours ago
1 min read
'n Graad 11-leerder van Welkom in die Vrystaat word daarvan verdink dat hy 'n onderwyseres verskeie kere met 'n skerp voorwerp aan die kop en hande gesteek het.
ENCA berig die leerder het na bewering in die onderwyseres se huis weggekruip. Die onderwyseres, wat al 38 jaar by Teto Sekondêre Skool werk, ontvang mediese behandeling.
Die Vrystaatse LUR vir Onderwys, Mamiki Maboya, sê ’n aanval op ’n onderwyser is ’n aanval op die hele onderwysstelsel en die toekoms van kinders. Sy sê die departement sal geen vorm van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord in skole of gemeenskappe duld nie.
’n Strafsaak is geopen en die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek die voorval.








Comments