‘n Grondstorting eis die lewe van nóg ‘n Vrystaatse mynwerker
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 5, 2025
- 1 min read
Nóg ‘n mynweker het sy lewe by die Harmony Gold se Vrystaatse Joel-myn in ‘n grondstorting verloor. TimesLive berig volgens die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) is hierdie is die 11de sterfte vanjaar by dié myn. Dit bring die totale sterfes in die Suid-Afrikaanse mynbedryf op 25 te staan. Amcu voeg by dat die sterftes op die maatskappy se versuim om veilige werkstoestande te bied dui. In ‘n poging om met hul werknemers en belanghebbendes te skakel en te besin oor die maatskappy se veiligheidspraktyke, het Harmony vandag as ‘n dag van veiligheid oor al hul Suid-Afrikaanse bedrywighede verklaar.







Comments