top of page

‘n Groot stem het stil geword

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 15
  • 1 min read

 Radio- en TV-persoonlikheid Clarence Keyter is oorlede.


In verskeie plasings op sosiale media word simpatie aan sy familie betuig.


In een so ‘n plasing op die Vereniging van Uitsaaiersveterane se blad skryf hulle: baie in die mediabedryf het ‘n lang en kosbare pad saam met hom gestap.


SABC News het destyds berig dit was waarskynlik elke verslaggewer in 1990 se droom om regstreeks buite die Victor Verster-gevangenis verslag te doen.


Dit toe voormalige president Nelson Mandela sy eerste treë na vryheid gegee het.


Een verslaggewer wat gelukkig genoeg was om daar te wees en daardie historiese oomblik regstreeks te dek, was die voormalige SAUK-nuusverslaggewer Clarence Keyter.


Clarence Keyter. FOTO: Facebook
Clarence Keyter. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page