'n Gru-vonds is op 'n plaas naby Kroonstad gemaak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 26, 2025
- 1 min read
Die liggaam van 'n jong man is op ‘n plaas in die Kroonstad-distrik gevind. Hy is vermoedelik vermoor en op die plaas begrawe.
Volgens polisiewoordvoerder in die Vrystaat, kapt. Lorraine Earl, het 'n taakspan van Bloemfontein dié vonds gemaak nadat 'n leidraad uit die gemeenskap ontvang is.
Nova News berig die identiteit van die oorledene is nog nie bevestig nie, en verdere ondersoek word om vas te stel wat presies gebeur het.
Niemand is tot dusver in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.






Comments